An investigation of the P300 event related potential across gender
Abstract (Summary)
An investigation of the Auditory P300 Event Related
Potential across gender
The P300 serves as a valuable tool in examining higher auditory functions such as auditory
attention and discrimination. Exploration of the P300 could be of value in a multi-lingual South
Africa where auditory processing evaluations still rely heavily on inappropriate linguistically
dependent tests. The P300 could potentially provide an objective, non-linguistically dependent
evaluation of auditory processing. The present study aimed to investigate the influences of
gender on the Auditory P300 Event Related Potential (AERP) and to contribute to establishing
a clinic-specific normative database. One hundred subjects (n=100) (50% male) with normal
hearing and no history of psychiatric illness were evaluated using the “odd-ball” paradigm.
The averages and ranges of the findings on latencies and amplitudes were reported. The
average latency values for the P300 were calculated at 314.7ms with a standard deviation of
37.2 ms. The average amplitude values were calculated at 7.1 µV with a standard deviation of
6.1 µV. No significant gender effect was found. In conclusion further research is
recommended to explore the clinical utility of the P300 in different age and gender groups,
using different protocols.
Opsomming:
Die doel van die huidige studie was ‘n ondersoek na die invloed van geslag op die ouditiewe
P300 en om ‘n bydrae te lewer in die samestelling van ‘n kliniek-spesifieke normatiewe
databasis. Hierdie metings is van belang aangesien dit ’n waardevolle instrument is vir die
evaluering van hoër ouditiewe funksies soos ouditiewe aandag en diskriminasie. Verdere
ondersoeke in die P300 kan van kliniese waarde wees in ‘n multi-linguistiese Suid-Afrika waar
evaluasies van ouditiewe prosessering steeds sterk leun op toetse wat linguisties afhanklik is
en dus ontoepaslik is. Die ouditiewe P300 kan ‘n objektiewe, nie-linguistiese metode bied om
ouditiewe prosessering te evalueer. Die studie het beoog om die effek van geslag op die
latentheid en amplitude van die betrokke potensiale te ondersoek. ’n Honderd proefpersone
(n=100)(50% manlik) met normale gehoor en geen geskiedenis van psigiatriese patologie nie,
is geëvalueer met behulp van die “odd-ball” paradigma. Die gemiddelde en totale reikwydte
van die latentheid en amplitude van elke potensiaal is opgeteken. Die gemiddelde latentheid
en amplitude was bereken as 314.7ms en 7.1µV onderskeidelik. Die standaard afwyking vir
die latenheid en amplitude was bereken as 37.2 ms en 6.1 µV. Geen betekenisvolle verskille
tussen mans en vrouens is waargeneem nie. Die gevolgtrekking van die studie was dat
verdere navorsing nodig is om die kliniese waarde van die P300 ten opsigte van verskillende
ouderdoms- en geslagsgroepe te ondersoek, met behulp van verskeie toetsprotokolle.
iii
University of Pretoria etd – Lombard, F D (2005)
Bibliographical Information:
Advisor:
School:University of Pretoria/Universiteit van Pretoria
School Location:South Africa
Source Type:Master's Thesis
Keywords:auditory perception audiometry sex differences evoked response
ISBN:
Date of Publication: